![]() |
||||||||||
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ruimsig Gemeente hou atletiek vir 300 kinders uit die plakkerskamp. Ruimsig Gemeente het Saterdag 28 Februarie geskiedenis gemaak toe hulle die eerste gemeente geword het wat ‘n volwaardige atletiekbyeenkoms vir 300 leerlinge van Golang Educational Outreach in Zandspruit informele nedersetting by Laerskool Muldersdrif aangebied het. Die meeste leerlinge is in Masakane Primary wat geen sport aanbied nie, en vir omtrent almal was dit die eerste keer om op ‘n standaard veld mee te ding. Die opgewondeheid was groot en almal het medaljes vir deelname en prestasie ontvang. SA noodhulp het hulle dienste gratis aangebied vir die dag en die gemeente het ruim voorsien in etes vir al die gaste. Cathy Mohlala van Radio 702 was saam met Jan Smit, een van die leiers van die gemeente, die aankondiger en het daaraan geslaag om jonk en oud te motiveer. “Mamma, ek het vandag ‘n nuwe maatjie gemaak, “ het Dohan Steyn van Ruimsig se J-kidz vir sy ma vertel na die byeenkoms waar gemeentekinders en Golang leerlinge vriendskaplik meegeding het. ![]() Die pretloop was baie gewild onder oud en jonk en lede van die gemeenskap het al laggende hande gevat en saam gestap om die terrein van Laerskool Muldersdrif . Nola het geskenkpakkies geborg en die eerste 10 plekke is huis toe met ‘n opwindende geskenkpakkie.
INDABA ENHLE (GOEIE NUUS) atletiekbyeenkoms word beplan om ‘n jaarlikse instelling te word en Ruimsig Gemeente daag skole en kerke uit om betrokke te raak in die gemeenskap en hulle bronne tot beskikking te stel en self verryk te word. Fotos
|
|||||||||
|
|
||||||||||